SportSportSportSport

Erasmus (80) lei Ratel-aanslag

VANDERBIJLPARK. – Die Ratels het Saterdag vir Vanderbijlpark op sy tuisveld in die plaaslike eerste liga (20 beurte) oortuigend met 9 paaltjies geklop. Goeie boulwerk deur onder meer Wilhelm Swanepoel (4/22) het die tuisspan tot 116/9 beperk. Marius Stevens (69) en Arnold Nel was die enigste kolwers wat hond haaraf kon maak en na hulle …

VANDERBIJLPARK. – Die Ratels het Saterdag vir Vanderbijlpark op sy tuisveld in die plaaslike eerste liga (20 beurte) oortuigend met 9 paaltjies geklop.
Goeie boulwerk deur onder meer Wilhelm Swanepoel (4/22) het die tuisspan tot 116/9 beperk.
Marius Stevens (69) en Arnold Nel was die enigste kolwers wat hond haaraf kon maak en na hulle kleedkamer toe gestap het, het die res van die kolforde in hulle voetspore gevolg.
Vir die besoekers was sy aanvangskolwer Niel Erasmus (80 van 36b: 8×4 en 5×6) in verwoestende vorm en hy is goed deur HJ Warrington (31) ondersteun.
Die Ratels het slegs 9.2 beurte opgebruik om die wenlopies met nege paaltjies in die bank verby te steek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button