Vaal se atlete pronk by Gauteng
VEREENIGING. – Die vreugdevure het hoog gebrand nadat Sedibeng se atlete onder die Ludorum-toekennings by die Gauteng Kampioenskap op die Ruimsig-stadion gemaai het. Astrid Fourie van Vereeniging Gimnasium (D7) het drie medaljes onderskeidelik in die 400m (brons: 57.44), 200m (silwer: 25.23s) en aflos (goud) verwerf om as die D7 Victrix Ludorum in die o.15-afdeling (1830 …

VEREENIGING. – Die vreugdevure het hoog gebrand nadat Sedibeng se atlete onder die Ludorum-toekennings by die Gauteng Kampioenskap op die Ruimsig-stadion gemaai het.
Astrid Fourie van Vereeniging Gimnasium (D7) het drie medaljes onderskeidelik in die 400m (brons: 57.44), 200m (silwer: 25.23s) en aflos (goud) verwerf om as die D7 Victrix Ludorum in die o.15-afdeling (1830 punte) gekroon te word. Wat die prestasie soveel meer spesiaal maak is dat haar mede-valie Tylon van Breda (2462 punte) saam met wie sy al jare lank saam deelneem, as die D8 Victrix Ludorum gekroon is. Tylon het twee brondmedaljes onderskeidelik in die 90m-hekkies (13.72s) en driesprong (11.07m) verwerf asook ‘n vyfde plek in die verspring (5.22m).
Die Vaal se manne het ook nie gras onder hulle voete laat groei nie. Die veld-atlete Nicholaas Maritz (2526 punte) van die HS Driehoek en Brandon Matthews (1929) is onderskeidelik as die D8 en D7 Victor Ludorum in die o.15-afdeling vir hulle spogvertonings met die diskus en gewigstootbal aangewys. Brandon het twee goue medaljes verwerf (diskus: 59.79m en gewigstoot – 18.60m) terwyl Nicholaas goud in die hamergooi (44m), brons in die gewigstoot (16.40m) en sesde plek in die diskus (48.69m) behaal het.
Ethan Olivier van die HS Overvaal het ondeskeideik ‘n goue- (driesprong: 16.68m) en silwermedalje (verspring: 7.41m) verwerf om as die D7 Victor Ludorum in die o.19-afdeling gekroon te word. Nog ‘n Driehoek-atlee wat puik presteer het, is Charlize Laubscher wat as die D8 se o.19 Victrix Ludorum aangewys is. Sy het die 400m (57.03s) en 200m (25.31s) in spogtye gewen,
Die o.17-hamergooier Rodger Vorster van HS Driehoek het ook gewys wat in hom steek toe hy met ‘n afstand van 58.44m ‘n Gauteng-rekord opgestel het. Die atlete hou almal duimvas om te hoor of hulle gelwalifiseer het om Gauteng by die SA’s te verteenwoordig.





