SportSportSportSport

NWU sê Koebaai UXI

Die NWU Vaal se o.20-rugbyspan het sy veldtog in die o.20 Cross Border-kompetisie op 'n wennoot afgeskop

VANDERBIJLPARK. – Goed begin is half gewin. Die gesegde sal aanklank vind by NWU Vaal se o.20-rugbyspan wat Saterdag sy veld in die Cross Border o.20-kompetisie met ʼn oortuigende sege afgeskop het.

Die NWU Vaal Eagles het die UXI Cheetahs met die kous oor die kop huis toe gestuur het nadat hy hom met 40-8 ʼn rugbyles gegee het.

Die tuisspan het vanuit die staanspoor alle fasette van die spel oorheers. Die besoekers het planloos voorgekom en het die antwoorde vir die manne en pers aanslae gehad nie.

Lynstaan aksie. Foto: Ettienne van Rensburg

Vir die tuisspan het sy binnesenter uitstekend gespeel, maar dit was sy agtsteman Heindrich Maritz wat met die toekenning as Speler van die Wedstryd weggestap het.

*Die NWU Vaal is ook intussen as die Valke se seweskampioen gekroon. Die toernooi is Saterdag in Kempton Park beslis.

NWU Vaal se sewesspan nadat hy as die Valke se Seweskapmpioen gekroon is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button