SportSportSportSport

Dubbele bederf vir langasems

Van dovoordag tot oudag het die Vaal se langasems geswoeg en gesweet

VANDERBIJLPARK. – ‘n Dubbeldoor bederf. Dit is wat die Vaal se langasems die naweek by die HS Driehoek geniet het.
Die Light 2 Nite 80 km-baanwedloop asook die ISO SHERQ Ulitimate Hennie van Rensburg 100-myler het skouer teen skouer plaasgevind.
Die Hoekies Atletiekklub se juniorspan het saam met die ander spanne douvoordag weggespring en teen 18:00 die 1 km-roete 169 keer voltooi om as die 2023 Lite to Night algehele wenners gekroon te word.
In die mans-afdeling het Andrey Kharatyan en Serake Mofokeng met 84 km elk gesamentlik eerste geëindig, gevolg deur Pule Mokoena (82 km). Andrey het egter eerste sy 84ste rondte voltooi. Die vroue-afdeling is deur Florence Molawa (73 km) gewen. Sy was die enigste vrou wat die individuele kompetisie aangedurf het.
Die 100 myler is deur Tobie Reyeneke gewen wat 161 km afgelê het. Die vroue-afdeling is deur Yolandi Rodriques gewen wat 101 km voltooi het.

Thato Nyankula van Meyerton Running Club in ligte luim tydens die wedloop. Foto’s: Ettienne van Rensburg
Esmerelda Zeilinga van Meyerton Running Club in aksie.
Olebule Pule en Ivan Visser gardloop te lekker.
Thato Nyankula en Moses Montle in ligte luim.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button