Die Laerskool Risiville se eerste dogters-hokkiespan is voor: Katelyn Rudolph en Tatum Pieters (k). Middelste ry van links is: Meglynn Tredoux, Vene’ van der Westhuizen, Sienna Roos, Abigail Tyler, Mia Klinck en Melissa Potgieter. Agterste ry: Lize’ Vermeulen (o/k), Simone’ Grobler, Rozanne Schoeman (afrigter), Nicole van Wyngaardt, Lynne’ Heymans, Izaan Lessing (afrigter),Yvette Christie (afrigter) en Miané van der Broek.
VEREENIGING. – Die welslae wat die Laerskool Risiville tydens die 2023 hokkie-seisoen behaal het, sal nie sommer weer herhaal word nie.
Die Rissies het onder meer ses van die sewe plaaslike ligas gewen. Die skool se eerste spanne het die aanslag gelei met sy eerste dogtersspan wat die Trio, Super 8, D7-liga gewen en as Suid-Gauteng naaswenners uit die stryd getree. Die span het in die proses 78 doele aangeteken en slegs 5 afgestaan.
Die Rissies se eerste seunspan het ook nie ʼn aks teruggestaan nie. Die span het die Trio en Super 8-toernooi gewen en koning gekraai in die D7-liga. Hulle was ook die Suid-Gauteng wenner en het sesde by die Champs of Champs geëindig. Die span het 61 doele in die proses aangeteken en slegs 17 afgestaan.
Die ander Rissie-spanne wat wat die D7-liga gewen het, is: Tweede dogterspan, o.11B, tweede seunspan, o.11 A-span.
Die Laerskool Risiville se eerste seuns-hokkiespan is voor: Johandre’ Venter en Joshua Ferreira (k). Agter van links is: Melissa Venter (afrigter) Emile Cloete, Iwan Vermeulen, Beon Marais, Dian Voges, Marco Nel, Paul van der Merwe, JP Pieterse, Ethan van Staden, Christiaan Venter, Tyrone Pieters, Willie Nel, Ruan Lubbe( o/) en Zonika Cronje (afrigter). Afwesig: Leon Lambrechts.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za