SportSportSportSport

Rico is Valia se Krieketspeler van die Jaar

Die Vaal se top kolwer kan miskien verlore wees vir SA

VANDERBIJLPARK. – Die 2023 krieketseisoen het vele hoogtepunte opgelewer.

Dit het ook vir Rico Fourie van die HS Transvalia gegeld wat pas as Valia se Kolwer en Krieketspeler van die Jaar gekroon is.

Hy het ook die meeste lopies in die Sedibengliga vir eerstespanne aangeteken. Hy was ook die kaptein van die span. Rico het ‘n allemintige 344 lopies aangeteken. Hy 54 viere en ses sesse in vier kragmetings gemoker. Sy hoogste telling was 121 lopies en hy het voorts twee vyftigtalle aangeteken.

Volgens sy pa Louis, staan die jong matriekulant se kop Ierland toe waar hy aanstaande jaar gaan krieket speel en werk.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button