SportSportSportSport

IBO-titel wink vir van Heerden

'n Groot geleenteid wink vir die Vaaldriehoek se bokssensasie Donjuan van Heerden

MEYERTON. – Die 22-jarige Meyertonner, Donjuan van Heerden gaan eersdaags in Frankryk die geleentheid kry om net soos sy broer Chris, ‘n IBO-titel te verower.

Chris is ‘n voormalige IBO wêreld weltergewigkampioen. Donjuan sal op 24 November teen die Fransman, Ismael Seck om die vakante IBO Kontinentale wêreld middelgewig titel meeding. Volgens Van Heerden was hy veronderstel om twee maande gelede vir die titel te boks, maar probleme met sy paspoort het hom verhoed. “Ek is ongelooflik baie opgewonde en kan nie wag nie.

Dit is die eerste keer dat ek oorsee gaan deelneem. Die geveg gaan in Toulouse plaasvind,” vertel hy opgewonde. Van Heerden en sy afrigter, John Tshabalala het hard in die gimnasium in Kibler Park gewerk en is slaggereed om hierdie uitdaging met albei hande aan te gryp.

Donjuan van Heerden

Die 34-jarige Seck is gesoute bokser wat onoorwonne is in sy laaste ses gevegte. Dit gaan waarskynlik die jong Meyertonner se moeilikste geveg wees, maar hy sal sy wenrekord van 5 opeenvolgende seges wil uitbrei.

Ismael Seck

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button