VEREENIGING. – Die Laerskool Risiville se strewe na uitnemendheid op die atletiekbaan het tot gevolg dat geen steen onaangeroer gelaat word.

Met die doel voor oë het die Rissies vir die deurwinterde langafstand-afrigter Johan Oupa Britz nadergehark.
Oupa soos hy in die Vaaldriehoek bekendstaan se CV is te lank om op te noem. In ʼn neutedop het hy al stringe Suid-Afrikaanse kampioene en internasionale atlete gebrei.
Alle Rissie-atlete kry voortaan gratis afrigting by hom. Oefentye is Maandae tot Donderdae (16:30) en tydtoetse vind Sondae om 16:00 by die DP de Villiers-stadion in Sasolburg plaas.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
