SportSportSportSport

Vaal se ystervrou doen dit weer

Vasbyt, bloedsweet en geloof is Valie se suksesresep

SASOLBURG. – Diegene wat Sylvia van Tromp ken sal getuig dat sy pynlik eerlik is en vir niks ‘n aks terugstaan nie.

Sy maak ook geen geheim van Christenskap nie. Sy is ʼn lewende bewys van haar geloof.

Die Vaaldriehoekse blonde Biokinetikus het tydens die afgelope Ironman 70.3 Mosselbaai gewys wat bereik kan word met deursettingsvermoë en geloof toe sy die afdeling vir vroue tussen 40 en 44 jaar in ʼn goeie tyd van 5:21:05 gewen het. Sy het boonop algeheel vierde in die vroue-afdeling geëindig.

Sylvia van Tromp

Maar maklik was dit beslis nie. “Ek moet eerlik wees, twee weke voor die wedren was my selfvertroue baie laag. My liggaam het nie op stimulasie reageer nie en my tye op die fiets was nie goed nie, “ erken sy ruiterlik.

“Ek moes my fokus verskuif van werk hard vir God nie vir diegene om jou nie. Sukses val nie uit die lug uit nie. Ek oefen hard en dien ʼn groot God.”

Hoewel die atlete bloed gesweet het, was die uitsig dare mooi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button