
VANDERBIJLPARK. – Die Vaaldriehoek se krieketvelde is ʼn miernes van aktiwiteit met die Suid-Afrikaanse Platteland Uitnodiging Krieketweek vir o.17 en o.15 spanne wat vandeesweek plaasvind.
Die week se kragmetings word onderskeidelik op die HS Sasolburg, HTS Sasolburg, Vaalpark Primêr, Sasolburg Krieketklub en die Vaal Universiteit van Tegnologie se velde beslis.
Die eerste wedstryde het vandag op die bogenoemde velde afgeskop en krieket uit die boonste rakke opgelewer.



At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
