SportSportSportSport

Rico ryg vyftigs en honderdtal in

Met die T20-afdeling van die Rural week wat voorlê sien mens uit wat Rico en kie met die kolf kan vermag

VANDERBIJLPARK. – Die 18-jarige Vaaldriehoeker Rico Fourie wat onlangs ‘n borgskap van Gray Nicolls Suid-Afrika gekry het, is besig om die wêreld aandie brand te kolf.

Hy is tans die voorste lopiemaker in die SA Platteland Uitnodiging Krieketweek wat tans in die Vaaldriehoek plaasvind.

Hy het as kaptein en kolwer van die Protea UItnodiging o.18-span 106 en 94 lopies in sy span se eerste twee wedstryde gemoker. Sy spanmaat Duncan Cronje is die voorste paaltjievraat en het 8 paaltjies in 14 beurte platgetrek en slegs 40 lopies in die twee wedstryde afgestaan.

Die volgende kragmetings sal T20-formaat wees om die spelers se vernuf in die blitsweergawe van die spel met rooibal te toets.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button