SportSportSportSport

Meyerton klop V’niging in T20-eindstryd

Die blitsweergawe van die spel met die rooibal lewer altyd groot opwinding op

VEREENIGING. – Meyerton is die Sedibeng T20-kampioen nadat hy Saterdag, 2 Desember op die Dick Fourie Stadion vir Vereeniging op sy tuisveld met 40 lopies geklop het.

Die Meyertonners JP Kok (82 van 52 b), Wikus Botha (37 van 36 b) en Dewald Erasmus (21* van 13b) was die dorings in die tuisspan se vlees en het gesorg dat die Tonners 190/3 in die toegelate 20 beurte kon aanteken.

Die 25 ekstras wat Vereeniging afgestaan het, sou hulle later in die agterstewe byt. Met Darius Schutte (42 van 38 b), JP Coetzee (30 van 28 b) en Nico Fourie (20* van 14b) aan die spits het die tuisspan verbete teruggeveg, maar goeie boulwerk deur die besoekers het hulle tot 150/7 beperk.

Meyerton het sy boulers goed afgewissel en ses van sewe boulers is elk met ‘n paaltjie beloon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button