SchoolSportSportSport

SHS-vloedgolf tref Fezile Dabi

Die Sasolburg HS se atletiekseisoen is goed op dreef.

SASOLBURG. – Die beste atletiekspan in Fezile Dabi.

Dit is die titel waarmee die Hoërskool Sasolburg vir die volgende 12 maande kan spog nadat hy die Fezile Dabi Kampioenskap op die DP de Villiers-stadion soos ʼn vloedgolf getref het.

SHS het in totaal 99 medaljes ingeoes waarvan 50 goud, 27 silwer -en 22 bronsmedaljes was.

Hoewel die top enkel prestasie van die byeenkoms aan Zak Naude van die HS Parys (diskus s.o/19: 55.00m – 975 punte) behoort het,  het SHS 10 prestasie onder die top 50 gehad.

SHS se top presteerders was: Baginyo Banutelo (100m d.o/16:12.36 – 861 punte), Megan Holtzhausen (gewigstoot d.o/19: 11.69m – 859 punte), Baginyo Banutelo (200m girls u/16: 25.89 – 858 punte), Monique van Zyl (gewigstoot d.o/16: 12.14m, 848 punte), Megan Vance (400m-hekkies d.o/19: 66.80s – 835 punte), Baginyo Banutelo (d.o/16: 100m-hekkies: 14.99s 824 punte), Erica Meyer (gewigstoot d.o/16: 11.44s – 819 punte), Erica Meyer (d.o/16 diskus: 31.47m – 814 punte), Megan Vance 400m d.o/19: 61.69s – 801 punte en Megan Holtzhausen (d.o/19 diskus: 32.89m – 801 punte).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button