SportSportSportSport

Tien veranderinge vir VRK teen Brakpan

VRK gaan sy veldtog in die Valke-liga op 'n wennoot wil afskop

VANDERBIJLPARK – Die eerste rugbyspan van die Vereerniging Rugbyklub skop die Valke liga more (25 Mei) op die Bosman-stadion af wanneer hy Brakpan vir die tweede keer vanjaar aandurf.
Weens beserings en seer kele is daar sowat 10 veranderinge aan die beginspan aangebring wat onlangs die Valeke se Presidentliga gewen het.
Twee van die veranderinge is posisionele veranderinge.  Die bielie-slot Wouter van den Berg skuif van slot af flank toe en Tabu Tau skuif van skrumskakel vleuel toe. Charl Penning gaan Brandon Hewitt se skakelmaat wees.
Die ervaring op die reserwebank is ook iets om van notisie te neem.
*DIE NWU Vaal se eerstes kom op sy beurt teen Springs in Springs te staan.
Vereeniging se span vr more se kragmeting is:
1. Lian Ambrosius, 2. Stefan Jacobs, 3. Donovan Venter,  4. Martin du Plessis, 5. Felix Thoma,  6. Junius Deysel, 7. Wouter vd Berg, 8. Jandre Visagie, 9. Charl Penning, 10. Brandon Hewitt, 11. Tabu Tau, 12. Erjee Heenop13. Michael May, 14. Christiaan Franke en 15. Wian Koekemoer. Reserwes: 16. Emile Nagel, 17. Johannes van Deventer, 18. Dawie Daffy, 19. Koos Bosman, 20. Theunis Muller, 21. Hendrik Smit, 22. Marcel van Vuuren en 23. Kyle Hendriks.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button