SportSportSportSport

Tien veranderinge vir VRK teen Brakpan

VRK gaan sy veldtog in die Valke-liga op 'n wennoot wil afskop

VANDERBIJLPARK – Die eerste rugbyspan van die Vereerniging Rugbyklub skop die Valke liga more (25 Mei) op die Bosman-stadion af wanneer hy Brakpan vir die tweede keer vanjaar aandurf.
Weens beserings en seer kele is daar sowat 10 veranderinge aan die beginspan aangebring wat onlangs die Valeke se Presidentliga gewen het.
Twee van die veranderinge is posisionele veranderinge.  Die bielie-slot Wouter van den Berg skuif van slot af flank toe en Tabu Tau skuif van skrumskakel vleuel toe. Charl Penning gaan Brandon Hewitt se skakelmaat wees.
Die ervaring op die reserwebank is ook iets om van notisie te neem.
*DIE NWU Vaal se eerstes kom op sy beurt teen Springs in Springs te staan.
Vereeniging se span vr more se kragmeting is:
1. Lian Ambrosius, 2. Stefan Jacobs, 3. Donovan Venter,  4. Martin du Plessis, 5. Felix Thoma,  6. Junius Deysel, 7. Wouter vd Berg, 8. Jandre Visagie, 9. Charl Penning, 10. Brandon Hewitt, 11. Tabu Tau, 12. Erjee Heenop13. Michael May, 14. Christiaan Franke en 15. Wian Koekemoer. Reserwes: 16. Emile Nagel, 17. Johannes van Deventer, 18. Dawie Daffy, 19. Koos Bosman, 20. Theunis Muller, 21. Hendrik Smit, 22. Marcel van Vuuren en 23. Kyle Hendriks.
 
Back to top button