VANDERBIJLPARK. – ‘n Wedstryd waardig om ‘n as klassieke derby beskryf te word. Dit is hoe gister se jaarlikse derby tussen die eerste rugbyspanne van die NWU Vaal en Vereeniging Rugbyklub bestempel word nadat die studente vasgeklou het om die besoekers van Vereeniging op die oewer van die Vaalrivier met 24-22 te klop.
Die studentespan het die eerste helfte oorheers maar die besoekers het in die tweede helfte teruggeveg om die kragmeting op ‘n naelbyter te laat afstuur. Die Easles het egter verbete vasgeklou om die wedstryd uiteindelik deur te trek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
