VANDERBIJLPARK. – As kind word jy geleer om jou mieliepap te eet om groot en sterk te word.
Arne Botes van die HS Transvalia het waarskynlik gehoor hier aan gegee.

Hy het pas tydens die SA Klassieke Bankopdruk Kampioenskap ‘n trifecta behal toe hy ‘n goue medalje verwerf het, die SA-rekord verbeter het en vir die Asië/Stille Oseaan/Afrika-kragoptelkampioenskappe in Julie in Potchefstroom gekwalifiseer.
Arne het 120kg-gewigsafdeling in die Subjunior ouderdomskategorie 140.5kg opgestoot om ‘n nue SA-rekord op te stel.
Die rekordpoging gee hom voorts die voorreg om Suid-Affrika by die Statebondskragoptel- en Bankdopruk Kampioenskappe in Oktober in Sun City asook by die Afrika Kragoptel en Bankopstoot Kampioenskap
in November in Potchefstroom te verteenwoordig.
