Die Dokkies se o.15-krieketspan wat die Vaaldriehoek krieketliga gewen. het is voor van links: Johandré Bailie , Aldo Kotze , Mnr Alex Bierbach (afrigter) , Ruben Muller (kaptein) , Tinashe
Chaeruka (afrigter) , Adriaan Greyling en Divan Van Den Bergh. Agter van links is: Sebastian Meyer, Martin Van Der Merwe , Giangi Morrico , Jayden Le Roux , O’Neill Ponton , Jacques
Oosthuisen en Righardt Kruger.
MEYERTON – Die HS Dr. Malan se o.15-krieketspan is die Vaaldriehoekkampioen nadat hy Overvaal met 7 paaltjies in die eindstryd geklop het.
Overvaal het eerste gekolf en is vir 160/10 in die 35ste beurt uitgeboul danksy ‘n puik boulskof deur Ruben Muller wat 6/27 in nege beurte laat kantel het.
Die Dokkies het daarna 161/3 in 40 beurte aangeteken danksy goeie bydraes met die kolf deur Jacques Oosthuizen (41), Sebastiaan Meyer (27), Muller (43) en Giangi Morrico
(24).
Muller is welverdiend as die Speler van die Wedstryd aangewys.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za