VANDERBIJLPARK. – Lloyd Greeff, afrigter van HS Transvalia se eerste rugbyspan, is met onmiddelike effek tot Direkteur van Rugby bevorder.
Dit volg nadat AJ le Roux, na twee jaar aan die stuur van sake ‘n pos in die Jakarandastad aanvaar het.
Lloyd is vertroud met Transvalia se strukture aangesien hy as eerstespan-afrigter en hoe prestasiebestuurder reeds sy merk gemaak het.
Sy agtergrond en ervaring as ‘n voormalige beroepsrugbyspeler is ook goud werd.
Hy het in 2014 vir die junior Springbokke in Nieu-Seeland gespeel waarna hy vir Lions, Cheetahs en Zebre Parma in Italie gespeel het.
As breier het hy Transvalia se eerstespan tot ‘n sege in die Noordvaal se Plaat-afdeling gelei. Transvalia is ook sodoende tot ode Beker-afdeling bevorder.
Sy visie, leierskap en toewyding aan spelersontwikkeling beloof om Transvalia na die volgende vlak te neem.
