SportSportSportSport

Nuwe tuiste vir Vaal Tennisklub

Tennisklub gereed vir nog 70 jaar

VANDERBIJLPARK – Die Vaal Tennisklub het na sowat 79 jaar ‘n nuwe heenkome by die HS Transvalia gevind.

Die klub wat op 29 Augustus, 1945 amptelik as die Yskor Tennisklub geopen is, het later sy naam na die Emfuleni Tennisklub verander.

Die klub is deur ‘n plaaslike ontwikkelaar gekoop wat die Vaal Tennisklub genoop het om ‘n nuwe tuiste te vind.

Volgens Kobus Pienaar, ‘n jarelange lid van die Vaal Tennisklub, het die klub twee nuwe bane by Transvalia bygebou, wat pas amptelik ingewy is.

Daar gaan binnekort ook ‘n klubhuis op Transvalia se terrein opgerig word.

Die klub spog met ‘n ryk tradisie en geskiedenis. In 1947 is ‘n verdere ses bane deur dr. Hendrik van der Bijl geopen.

In die beginjare het wedstryde tussen Yskor Tennisklub en Thabazimbi, waar Yskor ook ‘n klub gehad het, gereeld plaasgevind.

Later jare is hier ook harde houe tussen die Yskor Tennisklubs van Vanderbijlpark en Pretoria uitgeruil.

Oor die jare het die Yskor Tennisklub
gegroei en later met 12 tennisbane en een van die mooiste tennisklubhuise in die land gespog.

In 1973 was daar 520 geregistreerde tennislede. Byna 100 spelers het gedurende 1985 vir die klubkampioenskappe ingeskryf.

Elmo Ferreira, wat 62 jaar lid van die klub was, onthou dat daar in ‘n stadium 22 tennnisklubs in die Vaaldriehoek was.

Hopelik sal daar weer na die gloriejare teruggekeer word.

* Enigiemand wat graag lid van die Vaal Tennisklub wil word of meer oor die
bedrywighede wil uitvind, kan die voorsitter, Johan Sittig, skakel by 082 3719 595.

Die klub nooi oud-spelers en nuwe spelers om sosiale byeenkomste Woensdae en Saterdae om 14:00 by te woon en/of aan te sluit as lede teen R150 pp/pm.
Daar is ook familiepakette beskikbaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button