SportSportSportSport

SPL sorg vir hope aksie

VANDERBIJLPARK – Die Strikers en Fireball Kingz is steeds onoorwonne en bevind hulself aan die spits van die punteleer van die 2024 Sedibeng Premier Liga (SPL) vir o11 en o13-spanne. Die SPL vier vanjaar sy 10de bestaansjaar en tot dusver het die gehalte van krieket nie teleurgestel nie. Tydens die tweede rondte wat vroeer vandeesmaand …

VANDERBIJLPARK – Die Strikers en Fireball Kingz is steeds onoorwonne en bevind hulself aan die spits van die punteleer van die 2024 Sedibeng Premier Liga (SPL) vir o11 en o13-spanne.

Die SPL vier vanjaar sy 10de bestaansjaar en tot dusver het die gehalte van krieket nie teleurgestel nie.

Tydens die tweede rondte wat vroeer vandeesmaand op die Hoërskool Transvalia se velde beslis is, het die Casa Rooster se o.13’s die Bidvest Warriors met ses paaltjies geklop.

Caleph Laubscher 50* van die Roosters het met die kolf koning gekraai terwyl Corne Bergh (3/14) van die Warriors goed geboul het.

Die Strikers met Divan Nel (53*) en Adriaan van der Merwe (50*) aan die spits het die Jaguars met 78 lopies geklop.

In die o11-kragmeting tussen die BRSI Beamers en Fireball Kingz het die Kingz met sewe paaltjies geseëvier.

Vir die Beamers en Kingz het Zian Jacobs (50*) en Johanru Fourie (51*) met goeie 50-talle gepronk.

Die Jaguars het ook tande gewys toe hulle die Casa Ravens se o11-span met
agt paaltjies geklop het.

Die Casa Ravens het 128/3 in die toegelate 20 beurte aangeteken
waarna die Jaguars die wenlopies in die 18de beurt met nog agt paaltjies in die bank verbygesteek het.

Die Speler van die Wedstrydtoekennings is aan: Johanru Fourie (FB
Kingz), Hanro Smit (Jaguars) en Caleph Laubscher (Rooster) toegeken.
Die Top kolwers na die tweede rondte is:

o13: Caleph Laubscher (87) en Adriaan van der Merwe (73). o11: Duhan van der Bergh (80) en Dillan Gomez (76), Johanru Fourie (66).

Top Boulers o13: Corne Bergh (5), Juhan Nortje (4). o11: Faffa Derksen (4) en Kilian du Toit (2).

Beste kolftempo: o13: Sebastian Kemp (190.9) en Caleph Laubscher (158.2) en Reinhard Verster (157.9).

o11: Jacques Mynhardt (200.0), Markus van der Berg (190.9) en Hugo Jooste (177.4).

Beste boulontleding: Hanrico Cronje (4.17), Rudie Bruwer (4.2) en Beon
Marais (4.4). Kilian du Toit (3.33), Hanro Smit (3.6) en Lehan Cronje (3.75).

Top o13-vennootskap: Strikers: 97 van 56 balle – Adriaan van der Merwe (36) en Divan Nel (48). Fireball Kingz: 101 van 63 balle – Johanru Fourie (45) en Altys Bester (36).

Die bepalings vir die res van die toernooi is: Vrydag, 8 November: 14:30: o11: Uitspeel derde en vierde plek.

Saterdag, 9 November: 08:00: o13: Uitspeel derde en vierde plek: 11:00: o11: Eindstryd: 14:00: o.13: Eindstryd. Sondag, 3 November 09:00: o11: BRSI Beamers vs Jaguars.

Edmark Dippenaa stuur ‘n aflewering af. Foto’s: Ettienne van Rensburg
Kolfkampie toe!
Sion Robberts probeer om vir Janco Kruger uit te hardloop.
Damian Storm maak gereed om ‘n aflewering af te stuur.
Rohan Rossouw maak kontak met die bal.
Barend Steyn apelleer luidkeels.
Hou jou oog op die bal
Grens toe!
Hanro Smit speel ‘n bal deur die dekveld.
Veldwerk op sy beste!
Wikkel kolfkampie toe!
Damian Storm in aksie
Die witblits storm in.
‘n Speler slaan hou aflewering in die lug op.
Grens toe!
Hier kom die bal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button