SportSportSportSport

Groot geleentheid vir klubspelers

Wedstryd teen internasionale span wink

VANDERBIJLPARK – Klubspelers in die Valke-streek moet nader staan en mooi luister want ‘n geleentheid soos hierdie kom klop nie sommer aan jou voordeur nie.

In 2025 word ‘n groot geelwortel voor die Skarlakenrooies se klubmanne se neuse rondgeswaai om in Februarie vir ‘n uitnodigingspan gekies te word wat teen ‘n Loftus 200 span gaan speel en daarna teen Zimbabwe.

Hoewel die Valke klubs vanjaar nie ver in die Gold Cup gevorder het nie, behoort Ockert Brits, die afrigter van die Valke se uitnodigingspan, ‘n gedugte span uit die klubspelers van Vereeniging Rugbyklub, Brakpan, die NWU-Vaal en Springs saam te stel.

Brits het die Valke Peregrine-liga vir eerste spanne vir Springs en Vereeniging gewen en is ‘n gesoute afrigter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button