SportSportSportSport

Mittal neem Actom-wedloop op horings

Langasems geniet wedloop terdee

VANDERBIJLPARK. – Die Actom Turbo Machines-wedloop oor 15km, 21km en 32km wat onlangs by Vaal Mall deur ArcelorMittal
Atletiek aangebied is, was ‘n reuse sukses. Sowat 832 atlete het aangetree om die roete kaf te draf, maar dit was Mittal se atlete wat oorheers het.

Chantell Engelbrecht nadat sy die 32km-wedloop gewen het.

In die 32km-wedloop vir vroue het Chantell Engelbrecht van Mittal in ‘n tyd van 02:44:32 geseevier, terwyl Tshepo Gavu ook van Mittal in ‘n goeie tyd van 01:46:47 die mans-afdeling gewen het.

In die 21km-wedloop vir mans en vroue het James Hewaita (01:18:06) en Rose Jijana (01:25:34) Mittal se segetog voortgesit. Die junior wenner in die 10km-wedloop het ook uit Mittal se geledere gekom in die vorm van
Phetolo Putlane (00:35:21).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button