SportSportSportSport

Nasionale skopboks kompetisie in die Vaal

Vegters gaan bos by Jungle War

VANDERBIJLPARK – ‘n Tekort aan aksie was daar beslis nie tydens die Ring Contact Fighting Arts SA (RCFA) se nasionale kampioenskap wat Saterdag, 9 November by die Emerald Resort and Casino plaasgevind het.

Met 13 hoofgevegte is die toeskouers behoorlik tydens Jungle War Xii  bederf.  Vegters van regoor Suid-Afrika, Madagaskar, Kameroen, Namibië en Réunion het mekaar reeds vroegdag tot laatmiddag die stryd aangesê.

Die drie kryte wat vir die kampioenskap opgerig is, was die middelpunt van alle belangstelling.

Volgens Shihan Neels Beukes van Stallions, ‘n plaaslike skopboksklub,
het die dag se gevegte vir uitklophoue, sweet en trane gesorg.

Benewens die dosyn gevegte wat die toeskouers op die punte van hul
stoele gehou het, was daar ook ‘n breek vertoning en ‘n tradisionele Zulu-stokgevegvertoning.

Shihan Rip Mashele het onder meer houblokke, dakteels en ‘n bofbalkolf stukkend geskop en geslaan, terwyl die stokgevegte mense in hulle sitplekke saam laat koes het.

Sebastian Robert van Reunion skop Zandrino Gariseb van RCFA Windhoek teen die kant van sy kop. Foto’s: Ettienne van Rensburg
Timothy Dumwa en Thabiso Mkhwebane laat waai in die kryt.
Tshakane Mathe plant ‘n skop teen Lourens Tolmay se bolyf.
Lourens Tolmay en Tshakane Mathe onmoet mekaar in die middel van die kryt.
Jozua Kunert en Dewan Taylor laat waai in die kryt.
Nog skop land en brand!
Klein botteltjies groot gif.
Tshakane Mathe tref sy teenstander teen die kennebak. 
Jozua Kunert en Dewan Taylor laat waai in die kryt.
Jozua Kunert op pad kryt toe.
Dewan Taylor bult sy spiere.
Die skoner geslag het ook nie op hulle laat wag.
Skoppe soos hierdie kan jou laat slaap.
Lourens Tolmay en Tshakane Mathe takel mekaar.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button