Vaaldriehoek-lug van die vuilste in die land
VANDERBIJLPARK – Daar word gereeld gespot dat die voëls die inwoners van die Vuildriehoek in die oggende wakker hoes. Volgens IQ Air is Vereeniging, Vanderbijlpark en Sasolburg van die besoedeldste dorpe in Suid-Afrika. Die luggehalte indeks word daagliks gemeet en aangepas en indien dit die 200 merk oorskry, word daar aanbeveel dat ‘n gesondheidswaarskuwing uitgereik …

VANDERBIJLPARK – Daar word gereeld gespot dat die voëls die inwoners van die Vuildriehoek in die oggende wakker hoes. Volgens IQ Air is Vereeniging, Vanderbijlpark en Sasolburg van die besoedeldste dorpe in Suid-Afrika.
Die luggehalte indeks word daagliks gemeet en aangepas en indien dit die 200 merk oorskry, word daar aanbeveel dat ‘n gesondheidswaarskuwing uitgereik moet word.
Die Vaaldriehoek se telling wissel histories tussen 50 en 85. Sasolburg se gemiddeld is ‘n telling van 50.
Die PM2.5 konsentrasie in Vanderbijlpark is tans 3.1 keer die Wêreldgesondheidsorganisasie se jaarlikse riglynwaarde vir lugkwaliteit.
Die Europese Omgewingsagentskap definieer PM2.5 as die lugbesoedeling wat die vernaamste gesondheidsprobleme en voortydige sterftes veroorsaak.
Die top tien dorpe in Suid-Afrika met die swakste luggehalte ten tyde wat die berig geskryf is, is:
1. Thabazimbi 82, 2. Lephalale 79, 3. Polokwane 70, 4. Hendrina 67, 5. Pretoria, 67, 6. Vereeniging 65, 7. Embalenhle 60, 8. eSikhaleni 59,
9. Kaapstad 58 en 10. Gqeberha 58.
Vroeër die week was Vereeniging nommer een met ‘n indekspunt van 82. Wêreldwyd is Delhi in Indië die stad met die swakste luggehalte met tellings wat die 1 000 indeksmerk verbysteek.
