SportSportSportSport

Rhinoweek betree tienerjare

Hokkie en rugbyspanne toer tans in Italie

VANDERBIJLPARK – Die Dries van Heerden Rhinoweek vier
aanstaande jaar sy 10de bestaansjaar.

Die babaskoene is uitgeskop en nou is dit tyd vir die tienerjare.

Na ‘n uiters suksesvolle jaar het die petoorhandigingsermonies van die laer- en hoërskole verlede week onder meer in Benoni en Vanderbijlpark plaasgevind.

Die topspelers van die onderskeie rhinoweke toer in Desember na Italië. Die o13-streeks, o17-streeks en o19-provinsiale rugbyspanne, asook die seuns en dogters hokkie spanne sien almal daarna uit om hul beste voetjie in Europa voor te sit.

Verskeie spelers het tydens vorige toere na die Verenigde Koninkryk
kontrakte losgespeel.

Een van die Rhinoweek se suksesstories is Springbok nr.922 Elrigh Louw, ‘n gebore en getoë Vaaldriehoeker, wat ook aan die week deelgeneem het. Volgens Van Heerden sluit die spelers hulself by ‘n uitgelese groep aan. “Slegs 1% van Suid-Afrikaners kry die geleentheid om oorsee te toer. Ek se altyd doen sport en sien die wêreld.

‘n Draai in die pad is slegs die einde van die pad indien jy as speler nie die draai maak nie.

Gryp hierdie geleentheid met albei hande aan,” het Van Heerden tydens die pet-oorhandigingseremonie gesê.

Van Heerden se regterhand Martinvan Wyngaardt en sy vrou Cathy, wie
geen bekendstelling by die Rhinoweekouers benodig nie, het vanjaar weer
bloed gesweet om al die klere, kaartjies, verblyf en toerreëlings in plek te kry. Die datums vir 2025 se Rhinoweke is ook bekendgemaak.

Die groot verrassing vir 2025 is dat daar ook ‘n Fast Five netbaltoernooi van 9 tot 10 Oktober gaan plaasvind.

Die datums vir die onderskeie weke wat op die VUT Isak Steyl-stadion plaasvind is: 1-5 Julie Streeksweek, 8-12 Julie Provinsiale Rugbyweek, Streeks Netbal en hokkieweek, 16-19 Julie Laerskole streeks rugby en hokkieweek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button