Oud-Springbokatleet ploeg haar kennis terug in die Vaal
VANDERBIJLPARK – Die oud-Springbokatleet, Maryna van Niekerk, het van 3 tot 5 Desember ‘n hekkie- en naellope-kliniek by die Hoërskool Driehoek aangebied. Van Niekerk het in haar merkwaardige atletiekloopbaan twee keer vir die Olimpiese Spele gekwalifiseer, sy kon egter weens die internasionale boikotte teen SuidAfrika voor 1994 nooit aan hierdie gesogte byeenkoms deelneem nie. Sy …
VANDERBIJLPARK – Die oud-Springbokatleet, Maryna van Niekerk, het van 3 tot 5 Desember ‘n hekkie- en naellope-kliniek by die Hoërskool Driehoek aangebied.

Van Niekerk het in haar merkwaardige atletiekloopbaan twee keer vir die Olimpiese Spele gekwalifiseer, sy kon egter weens die internasionale boikotte teen SuidAfrika voor 1994 nooit aan hierdie gesogte byeenkoms deelneem nie.

Sy is die vrou van die legendariese afrigter Owen van Niekerk wat verlede jaar in die ouderdom van 88 oorlede is. Hulle was 45 jaar getroud. Maryna het in haar lang loopbaan 24 nasionale titels verower. Sy is deesdae ‘n sportsielkundige en afrigter.

Sy geniet dit om haar kennis terug te ploeg.
