SASOLBURG – Die SA Platteland Uitnodigings Krieketweek wat
vroeër vandeesmaand in Sasolburg plaasgevind het, was weer ‘n reuse
sukses.
Volgens Hendrik Coetsee, die organiseerder van die week, is hy in sy noppies met die gehalte van spel wat
tydens die week opgelewer is.

Die groot geelwortel wat voor die spelers se neuse gehang het was ‘n plek in die toerspanne wat eersdaags in Indië gaan toer. ‘n Toer na die sub-kontinent is beslis nie te versmaai nie.
Spelers soos Kamogelo Matlala en Theuns van Rensburg, wat onderskeidelik as die o15 en o18-Speler van die Toernooi aangewys is, wil die oog oorsee vang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
