Aksie tydens die Mediclinic Pro-Am Uitnodigingstoernooi wat 14 Januarie op die Heron Banks Gholfbaan in Vaalpark plaasgevind het. Foto's: Ettienne van Rensburg
VAALPARK – Sowat 126 spelers gaan more op die Heron Banks Gholfbaan tydens die Sonskyntoer se Mediclinic R2 mil Uitnodiging-toernooi afslaan.
Die toernooi vind van 16-19 Januarie plaas en beloof om ‘n skouspel soos min te wees. Robert Lance, die direkteur van Gholf by Heron Banks, het op 14 Januarie na die Mediclinic Pro-Am amptelik die baan aan die Sonskyntoer oorhandig.
“Ons sien uit na die week. Daar is baie harde werk ingesit om die baan voor te berei. Ons wil graag die publiek uitnooi om die toernooi te ondersteun,” het Lance aan die vooraand van die toernooi gesê.
Robert Lance oorhandig die Heron Banks Gholfbaan amptelik oor aan die Sonskyntoer.
Die eerste afslaantyd is 06:30 more-oggend. Daar is ook paar plaaslike spelers soos Bradford Vaughn en Christo Roos wat ook aan die toernooi gaan deelneem. Dan is daar ook spelers van Swede, Engeland, Skotland en Zimbabwe wat hul gholftalent gaan ten toon stel.
Aksie tydens die Mediclinic Pro-Am Uitnodigingstoernooi wat 14 Januarie op die Heron Banks Gholfbaan in Vaalpark plaasgevind het.Die wenners van die Mediclinic Pro-Am toernooi is Albert Venter, Hugo Lambrecht, Shantelle Shepherd Pietersen en Renier Louw. By hulle is die verteenwoordiger Spier wat die amptelike borg van die Sonskyntoer is.Die dubbele reenboog voorspel net goeie dinge vir die toernooi.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: [email protected]