VANDERBIJLPARK – Die hele land hou duimvas dat die Springbok en Bulls losvoorspeleR, Elrigh Louw spoedig van sy been-operasie herstel.

Elrigh het Saterdag 25 Januarie op Ellispark ‘n ernstige beenbesering teen die Lions in hul Verenigde Rugby kragmeting opgedoen. Hoewel die Bulls met 35-22 gewen het, het hulle ‘n duur prys vir die sege betaal.
Benewens Elrigh se ernstige besering het die Bulls se kaptein Ruan Nortje ook die veld met ‘n kniebesering verlaat.
*Elrigh is ‘n oud-leerling aan die HS Transvalia in Vanderbijlpark en die gemeenskap wens hom alles sterkte toe vir ‘n spoedige herstel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
