SportSportSportSport

Hier kom ‘n lekker rally pellie

Vaaldriehoek spog nou met sy eie rally

MEYERTON – Die legendariese bokser Mohammad Ali het altyd gesê: “It’s not bragging if you can back it up”.

Dit is presies wat die twee Vaaldriehoekers Ignus du Plessis en Wessel Mostert gaan doen. Daar’s tydens ‘n geselligheid tong-in-die-kies gesê hulle kan ‘n beter wedren aanbied. En presto!

Dit is wat die tweemanskap en hul span op 22 Februarie in Meyerton moet vermag wanneer TD Racing die Midvaal 300 Rally aanbied.

Die “sakekern” of pits van die rally gaan die Meyerton Rugbyklub wees waarvandaan die deelnemers hul aanslag op die roete gaan loods. “Ons is ‘n span van ses bakkies wat alles saam doen.

Ek is nou 10 jaar betrokke en Wessel so twee jaar. Ek ken die deelneem-gedeelte baie goed. Die reël van ‘n rally is bietjie nuut,” sê hy glimlaggend. Die ren bestaan uit ‘n 300km roete met twee rondtes van 130km.

Daar sal ‘n kort kwalifiserende rondte die oggend wees. Daar word ook met ses wettige toeskouerpunte na die toeskouers omgesien.

Die roete sal digby die Goeiehoek-silos plaasvind en daar’s baie moeite gedoen om te verseker dat die naby bestaande paaie verbygaan. Volgens Ignus is daar gewoonlik 40 deelnemers van oral in die land wat aan die onderskeie renne deelneem.

Die reeks val onder Off Road North en die onderskeie klasse waaraan daar meegeding word is side-by-sides, sandmasters en produksieklas. Ignus-hulle het vanjaar opgeskuif na T-klas van die produksiekarre. “Die produksiekarre moet lyk asof jy dit van die vloer af gekoop het.

Daar is baie reëls en regulasies oor die veranderinge wat aan die voertuig aangebring mag word. Daar is ook so 10 FIAklasvoertuie wat deelneem. Hierdie voertuie kan net soos wat hulle is aan die Dakar deelneem,” vertel hy.

Die FIA-klas voertuie se beginprys is R9m en diegene wat die Dakar volg sal weet waartoe die brullende masjiene in staat is.

Hoewel ‘n intree-voertuig in die produksieklas slegs R100 000 is kan die voertuie jou tot R2m uit die sak jaag. “Die voertuig is die goedkoopste item.

Mens kort ‘n pit crew van minstens vyf mense, daarom het ons ‘n span om dit bekostigbaar te maak.” “As alles volgens plan verloop kan hierdie ren ‘n groot leemte vervul.

Ons moet gewoonlik baie ver reis om deel te neem. Nou dat ons een plaaslik aanbied glo ons meer deelnemers sal vanuit Gauteng kom deelneem,” sluit hy af.

‘n Stof-bedekte Wessel Mosterd (regs) en sy navigeerder Stef Nolte geniet ‘n koue een na ‘n wedren.
Stof, adrenalien en aksie is boustene van ‘n rally

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button