SportSportSportSport

Regte tree vir Old Vaal

Vroue-krieket is stadig maar seker om te groei in die Vaal

VANDERBIJLPARK – Old Vaaltonians Krieketklub is besig met ‘n bouproses om vrouekrieket sy regmatige plek in die Vaaldriehoek te laat inneem.

Volgens Gert Maloney, die dryfkrag agter krieket by Old Vaal, het die identifiseringsproses twee jaar gelede reeds begin om die volgende generasie krieketsterre vanuit die Vaaldriehoek te vind en te koester.

“Die gemiddelde ouderdom van die span is 20. Ons wil hulle graag ontwikkel en geleenthede gee om in die groter ligas deel te neem. Tans speel hulle in die Gauteng Premier B liga. Ons verwag groot dinge van die span,” vertel Maloney.

Die span het onlangs teen die University of Johannesburg (UJ) gespeel. UJ het eerste gekolf en 174/9 in 35 beurte aangeteken. Vir Old Vaal het Kaelin Steenekamp vier paaltjies platgetrek. Weerlig het veroorsaak dat die kragmeting verkort is en UJ het die wedstryd uiteindelik met 64 lopies gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button