
VANDERBIJLPARK. – Die Groenpunt stadion in Kaapstad gaan vir ‘n paar Vaaldriehoekse atlete vir altyd ‘n spesiale plek in hul harte hê. Met ‘n dubbel goue medalje, ‘n SA-rekord en silwer- en bronsmedalje tussen hulle sal Zanthe Taljaard, Lijane Janse van Rensburg en Darius Botha altyd met ‘n glimlag terugdink aan die 2025 ASA o16, o18, o20 en o23 kampioenskap. Atletiek Vaaldriehoek (AVT) het voorts met ‘n totaal van 10 medaljes, sewende op die medaljestand geeindig.
Zanthe het onderskeidelik goud in die 5000m (17:15.12) en 3000m (09:2209) verdien. Lijane het met ‘n magiese gooi van 55.00m ‘n nuwe rekord in die hamergooi vir dogters o16 opgestel. Die Dokkie, Darius Botha, het silwer in die gewigstoot (19.32m) vir seuns o16 en ‘n bronsmedalje in die diskus (60.94m) verwerf.


