SportSportSportSport

Meesters se harde werk word beloon

Sedibeng se ringbalspanne het gewys wat in hulle steek.

SASOLBURG – Die atmosfeer by die Hoërskool Sasolburg was van 19 tot 21 Maart gevul met opgewondenheid oor die Suid-Afrikaanse Meesters Ringbaltoernooi wat daar plaasgevind het.

 Die spelers het weer onderstreep dat vaardigheid, uithouvermoë en mededingingslus glad nie aan ouderdom gekoppel is nie.

Die atmosfeer op die bane was besonders met die ritmiese voetwerk van die spelers wat elke beweging bereken het.

Toeskouers het onder sambrele en gazebo’s saamgedrom Soos die wedstryde gevorder het, het die ervaring en insig van hierdie spelers duidelik deurgeskemer. Die wedstryde was vasgekeer tussen intense mededinging en opregte kameraadskap.

 Na afloop van die toernooi is SA-toernooispanne aangekondig as ’n erkenning vir uitstaande spel en toewyding.

Die Sedibeng-spelers wat vir die onderskeie spanne gekies is, is: SA skeidstregter en skeidsregter van die Jaar: Klue Groenewald. SA Spanbestuurder SA Meestersvroue: Julie van der Merwe. Naaswenner: Meesters vroue A1. SA Meesters vroue geelspan: Sonja de Klerk en Lara Hartzenberg. SA Oudemeester geelspan: Jakkie Odendaal, Miekie Hiekman en Martie Bezuidenhout.

SA Meesters mans geelspan:  Riaan Fivas (k) en Johan van der Merwe. SA Meesters mans groenspan: Chris Erasmus, Les van Niekerk en Johan Potgieter. SA Oudemeester mans groenspan: Even King, Johan de Klerk, Dennis Kemp en Frikkie Mulderm.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button