VANDERBIJLPARK – Die Vaaldriehoek skud sy vere reg om een van die land se grootste gemengde gevegskunsbyeenkomste hier te verwelkom.
Die 2026 MMA Nasionale Kampioenskap word van 30 April tot 3 Mei deur Mighty Warriors by Fitzsimons Square aangebied.
Die vierdagtoernooi beloof intense aksie met honderde atlete vanuit al nege provinsies wat gaan meeding in jeug-, junior- en seniorafdelings.
Die kwarteindstryde vind op 1 Mei plaas, met halfeindstryde en die eindrondes wat op 3 Mei beslis word. Die inskrywingsfooi beloop R450 per deelnemer en R100 per dag vir toeskouers.
“Ons sien uit na ’n suksesvolle kampioenskap wat die hoogste standaarde van kompetisie, sportmanskap en eenheid weerspieël,” het MMA Suid-Afrika in ‘n verklaring gesê.
Navrae kan gerig word aan Stefan Brown by 083 413 6946.
