SportSport

Valies skitter by senior SA’s

Marione en Joviale hardloop die wêreld aan die brand.

VANDERBIJLPARK – Die Vaaldriehoek se Evageslag het by die ASA Senior Baan en Veld Atletiekkampioenskap in Stellenbosch die streek breëbors verteenwoordig.

Hoewel die oud- Vaaldriehoekers Marione Fourie en Joviale Mbisha nou vir ander provinsies hardloop, is hulle gebore en getoë Vaaldriehoekers.

Marione, ‘n oud-leerling aan die HS Driehoek, het die 100m hekkies in ‘n spogtyd van 12.69s in die kleure van Gauteng Noord afgeblits om nog ‘n SA-titel op Coetzenburg-stadion te wen.

Tumi Ramokgopa (13.13s) was tweede gevolg deur Megan Nieman (13.39s).

Joviale ‘n oud-leerling aan die HS Sasolburg het ook haar nasionale 100m-titel verdedig toe sy die afstand in 11.55’s gewen het.

Joviale Mbisha in aksie tydens ‘n vorige byeenkoms. Foto: Charmaine Visser

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button