VANDERBIJLPARK – Die eerste rugbyspan van Noordwes-Universiteit se Vanderbijlparkkampus se droom om in die eindstryd van die Valke se Presidentbeker te speel is Saterdag 18 April op sy tuisveld ‘n nekslag toegedien toe hy met 42-28 deur Nigel geklop is.
Die eindtelling is egter nie ‘n ware weergawe van wat op die speelveld plaasgevind het nie. Die studentespan se afronding en hantering het hom op kritieke tye in die steek gelaat wat die deur vir Nigel wawyd oopgelaat het.

Nigel het die tuisspan se gebrek aan dissipline gestraf met sy stelskopper wat die telbord aan die rol gehou het.
Dit was hierdie telborddruk wat uiteindelik die kameel se rug gebreek het.
