SportSport

Fonteine win netbalkennis in

Afrigters en spelers geniet kliniek gate uit.

VANDERBIJLPARK – ’n PEP Mini-Netbal afrigtingkursus is verlede week by die Primêre Skool Fonteine aangebied deur Vrystaat Skole Netbal, in samewerking met Dr. Elsje Jordaan, voormalige kaptein en afrigter van die Protea-netbalspan.

Sy is ook tans die direkteur van Sportisimo en afrigter van die TNL Fireballs.

Die sessie het gefokus op die grondbeginsels van netbal, met spesiale aandag aan energie-oordrag op en van die baan, asook die fynere kuns van afrigting vir al sewe posisies.

Afrigters en spelers het waardevolle kennis opgedoen wat hulle in die komende seisoen sal kan toepas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button