VANDERBIJLPARK – Wanneer die gebore en getoë Vaaldriehoeker, Ruan Combrinck, vandag oor ‘n eindstreep hardloop, dra hy nie net ’n medalje nie, hy dra ’n storie.
’n Storie wat begin het op die atletiekbane van die Hoërskool Vereeniging, waar ʼn fris seun vasberade seun een van Suid-Afrika se top jong gewigstoters geword het.

As skoolatleet het Ruan die gewigstootsirkel oorheers, nasionale titels gewen en as een van die wêreld se beste in sy ouderdomsgroep gepryk.
Sy naam was sinoniem met vir rekordafstande en groot drome. Hy het selfs die Vaalweekblad se Sportster van die Jaar-kompetisie vir jare oorheers.
Maar die lewe neem vreemde draaie and afdraaie. Vir Ruan het daardie draaie hom in ’n nuwe rigting gestoot.
Op 19 April 2026 in Nelson Mandela-baai het hy ’n ander soort sirkel betree, die Isuzu Ysterman Afrika Kampioenskap Suid Afrika in Nelson Mandela-baai.
’n Wêreld ver verwyder van die gewigstootring. Hier tel pure uithouvermoë, wilskrag en gees. Die 2-loop swem, 3-loop fietsry en 4-loop hardloop alles by Hobie Beach, is bekend daarvoor dat hy jou breek voor hy jou opbou.
Maar Ruan het dit klaar gemaak. Op sy eie terme. Op sy eie tempo. As ’n Ysterman.
Toe hy oor die laaste paar meter van die wedloop kom, was dit nie net die 2026 Ironman wat hy oorwin het nie. Dit was die bewys dat ’n atleet se storie nie klaar is wanneer sy skooldae verby is nie. Dat talent kan verander, groei en ’n nuwe vorm aanneem.
Vandag is Ruan Combrinck nie meer net ‘n gewigstootkampioen nie hy is ʼn Ysterman in elke opsig.
“Jy is ‘m Ysterman Dit was ongelooflike woorde om te hoor ná meer as 13 uur op die baan en sewe maande se voorbereiding vol opofferings.
Aan my vrou, Tamzin: daar is nie woorde sterk genoeg vir wat jy deur hierdie hele reis vir my beteken het nie. Jou opofferings, jou geduld en jou onwrikbare ondersteuning het my deur elke brutale sessie en elke moeilike dag gedra. Jy het meer gegee as wat ek ooit kon vra, en jy het nooit opgehou om in my te glo nie.”
Aan my afrigter, Jrad: Ek is seker jy is ’n bietjie mal. Ek bedoel dit op die beste manier denkbaar. Jy het in my geglo lank voordat ek self geglo het dat ek dit kan doen. Jy het doelwitte nagestreef wat ander nie eens sou waag om uit te spreek nie.
Jy het my geleer dat onmoontlik net ’n opwarming is. Dankie dat jy my geslyp, gestoot en soms gebreek het,” het Ruan op sy FB-blad geskryf.
