Logan Peltier, een van die Vaal se opkomende jong gholfsterre wat pas die Botswana Ope in sy ouderdomsgroep gewen het, het aan die toernooi deelgeneem en die geleentheid gekry om Charl Schwartzel persoonlik te ontmoet. Foto: Verskaf
VEREENIGING – Die 2011 Meesters Gholfkampioen, Charl Schwartzel, ‘n gebore en getoë Vaaldriehoek is nie iemand wat vergeet waar hy vandaankom nie.
Hoewel hy nie werklik versot is op die kollig nie, ploeg hy graag terug in die gemeenskap waar hy groot geword het.
Dit het hy weer die naweek gewys toe hy die Charl Schwartzel Junior Uitnodigingstoernooi by Maccauvlei Gholfklub bygewoon het.
Logan Peltier, een van die Vaal se opkomende jong gholfsterre wat pas die Botswana Ope in sy ouderdomsgroep gewen het, het aan die toernooi deelgeneem en die geleentheid gekry om Charl persoonlik te ontmoet.
Die toernooi vorm ook deel van Maccauvlei se 100ste bestaansjaar se feesvieringe.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za