SportSport

Houe reën houe by MMA SA’s

Die beste van die bestes gaan hier gekroon word.

VANDERBIJLPARK – Die Suid-Afrikaanse MMA Nasionale Kampioenskap, wat van 30 April tot 3 Mei plaasvind, het die afgelope twee dae vir reuse opwinding by die Mighty Warrior Family Academy for Combat opgelewer.

Hier kom ‘n ding!

Die land se beste hokvegters en gemengde gevegkunstenaars het mekaar met mening aangedurf en die paramedici oortyd laat werk.

Omgedop!

Om die skouspel van gemengde gevegkuns te aanskou, kos slegs R100 per persoon per dag. Die gevegte skop weer môre-oggend om 10:00 af en die laaste geveg sal waarskynlik om 16:00 plaasvind.

‘n Vegter word met ‘n reguit linker op die kennebak gekielie.
Eina! Hier begin dit houe reën

.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button