SportSport

MMA se bestes gekroon

Suid-Afrika se MMA is in goeie hande.

VANDERBILPARK – Hulle word nie meer met sand en stof soos die antieke vegters van die Colosseum in Rome begroet nie, maar op mat, in ‘n hok met agt hoeke en met ‘n kollig.

 Vir vier dae het hulle soos moderne gladiators van ons tyd met dieselfde passie en wenhonger die Octagon betree.  

Van 30 April tot 3 Mei het honderde vegters van elke uithoek van Suid-Afrika by Mighty Warriors by die nasionale toernooi bymekaar gekom om hulself teen die beste van die beste te meet.

 Die gedreun van mansstemme, handskoene wat teen pads klap en ‘n aankondiger wat die vegters bekendstel, het vroegdag begin.

Elke geveg het sy eie storie gedra van die groentjie wat sy eerste SA’s aandurf tot die ouer vegter wat presies weet hoe dit voel wanneer die hok se deur agter jou toesluit en die wêreld skielik baie klein raak.

 In die hok was dit ’n warboel van skoppe, houe en tegnieke wat die toeskouers op hul voete gehad het.

Buiten die geweld was daar ook die kenmerkende MMArespek… ’n knik van erkenning ná ’n harde ronde, ’n handdruk, of omhelsing tussen teenstanders wat mekaar pas tot die uiterste gedruk het.

Die toernooi was ’n reuse sukses. Mighty Warriors, in samewerking met MMA SuidAfrika, het ’n byna foutlose toernooi aanmekaar getimmer. Alles was op tyd, die beamptes en skeidsregters was topklas en die mediese hulp selfs beter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button