VAALPARK – Die Daan Kruger Rhinoweek-gholfdag wat op Vrydag 8 Mei op die Heron Banks Golf Estate plaasgevind het, het vele hoogtepunte opgelewer.
Die gholfdag word jaarliks gehou om fondse in te samel vir minderbevoorregte skolerugbyspelers. Die Rhinoweek is in 2015 deur Dries van Heerden begin om meer geleenthede vir rugbyspelers te skep.
Volgens van Heerden word spelers op meriete vir die Rhinoweek-spanne gekies ongeag kleur of geloofsoortuigings. Talent is die enigste maatstaf.
“Ons het nog nooit ‘n speler weggewys omdat hulle dit nie kan bekostig nie. Ons sal altyd ‘n plan probeer maak,” het van Heerden gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
