VANDERBIJLPARK – Olivia Olivier gaan binnekort reuse nekspiere hê met al die medaljes wat om haar nek hang.
Die leerling aan die HS Driehoek het die afgelope naweek haar provinsiale kleure in karate verwerf en gaan in Junie aan die SA Kampioenskap deelneem.
Sy het by die afgelope toernooi vier goue medaljes (kata, bladed, wooden en unison) verwerf. Sy het voort ‘n silwermedalje in Kumite verdien.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
