SportSport

Valia se kapteins vier deursettingsvermoë, passie en spanwerk

Al die bloedsweet en harde werk is die moeite werd.

VANDERBIJLPARK – Die cheerleaders van die Hoërskool Transvalia het die afgelope ruk van krag tot krag gegaan.

Nólinca Heyneke en Ava Oberholster vier vanjaar
hulle vyfde en laaste jaar as kapteins
van die HS Transvalia se cheerleaders.

Die span het onder meer opgetree op twee van Suid-Afrika se geskiedkundige rugbyvelde, Loftus Versfeld, die heiligdom van Bloubulrugby, en Ellispark, waar die epiese 1995 wêreldbeker-eindstryd plaasgevind het. Twee van die cheerleaders, Nólinca Heyneke en Ava Oberholster, het vanjaar ’n besondere mylpaal bereik.

 Hulle is al vyf jaar lank deel van Transvalia se cheerleading-span. Volgens Nólinca was dit ’n vormende en betekenisvolle tydperk. “Cheerleading by Hoërskool Transvalia was die beste vyf jaar van my lewe.

Om kaptein te wees saam met my medekaptein Ava Oberholster is die grootste eer. Daar was trane, trots en seer spiere, maar saam het ons Loftus, Ellispark, cheer-kompetisies, Outdoor X en soveel meer met trots, ’n glimlag en passie aangedurf,” vertel sy.

Ava beskryf dié vyf jaar as gevul met harde werk en groot vreugde. “Liefde, trane, lang ure se oefening en soveel vreugde. Ek wil dankie sê aan my medekaptein, Nólinca, wat die volle vyf jaar saam met my gestap het.

Dankie vir die Hoërskool Transvalia dat julle ons toelaat om ons kreatiwiteit uit te leef.” Beide kapteins is vol lof en bedank hul afrigters vir hulle geduld en toewyding, asook hul spanmaats wat jaar na jaar die groep sterker gemaak het.

Die twee matrikulante sluit hul laaste seisoen by Transvalia af met trots. ’n Viering van deursettingsvermoë, spanwerk en vyf jaar se toegewyde diens aan hul skool.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button