SportSport

Groot gees by Mini Sportdag

Risiville se pom-pom ken al die regte bewegings.

VEREENIGING – Die Laerskool Risiville se senior cheerleaders het die afgelope naweek die skool se Mini Sportdag op ’n energieke noot afgeskop.

Met hul entoesiasme, spanwerk en indrukwekkende danspaasies het hulle die toon geset vir ’n dag vol sportgees en pret.

Die groep se harde werk en toewyding was duidelik sigbaar, terwyl hulle die skool met trots verteenwoordig het.

LS Risiville se senior cheerleaders in aksie. Foto: Sonica Hill Photography.

Die skool het op sy Facebookblad sy waardering teenoor die afrigters, ouers en ondersteuners uitgespreek wie se voortdurende aanmoediging en ondersteuning bydra tot die sukses van die span.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button