SportSport

MAC-atlete kry gedenkbaadjies by burgemeester

Atlete deel advies en raad voor groot wedloop.

MEYERTON – Lede van die Meyerton Atletiekklub (MAC) het Saterdag bymekaargekom vir hul amptelike afskeid (send-off) voor die 2026 Comrades-marathon.

Die geleentheid het atlete, ondersteuners, familie en borge saamgebring ter voorbereiding van die wêreldbekende ultra-marathon tussen Durban en Pietermaritzburg.

Die oggend het afgeskop met ’n groepdraf, waarna sommige lede aan die Meyerton Parkrun deelgeneem het, terwyl ander hul tyd afgestaan het om as vrywilligers te help.

Die verrigtinge het daarna by die Meyerton Sportklub voortgegaan waar die bekende hardloop-entoesias en blogger Stuart Mann, beter bekend as “The Running Mann” die bywoners met sy humoristiese aanbieding vermaak het.

Nuwelinge wat vanjaar hul eerste Comrades aanpak asook nuwe klublede het gedenkbaadjies van die burgemeester van Midvaal, Peter Teixeira, ontvang.

Die klub het verder sy drie ondersteuningspanne bekendgestel wat na Durban sal reis om die atlete op wedrendag by te staan.

Die byeenkoms is afgesluit met ’n smaaklike ontbyt, laaste ,arathonvoorbereidings en die uitruil van raad en aanmoediging tussen klublede. Die opgewondenheid vir die 2026 Comrades-marathon is nou tasbaar namate die groot dag nader kom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button