SportSport

Oppenheimer-toernooi lok land se top amateur gholfspelers

Gholfliefhebbers kan uitsien na toernooi propvol gehalte gholf.

VEREENIGING – Van die land se voorste amateurgholfspelers is vandeesweek by Maccauvlei Gholfklub in aksie vir die gesogte Harry Oppenheimer-trofee, een van Suid-Afrika se oudste en mees gesogte amateurgholftoernooie.

Die 54-putjie houespeltoernooi wat van 8 tot 10 Junie plaasvind sit ‘n trotse tradisie voort wat reeds oor meer as ses dekades strek.

Die spelers was vroegoggend reeds besig om die oefenbaan.

Deur die jare het talle van Suid-Afrika se beste amateurgholfspelers om die gesogte trofee op die historiese baan langs die Vaalrivier meegeding. Die kampioenskap bly steeds een van die hoogtepunte op die nasionale amateurgholfkalender.

Verlede jaar se titel is deur Jere Brits gewen.

Die spelers moes die koue langs die Vaalrivier trotseer.

Met nog ‘n sterk deelnemersveld wat vanjaar in aksie is, kan gholfliefhebbers uitsien na drie dae van gholf van hoogstaande gehalte terwyl spelers meeding om een van die mees gesogte titels in Suid-Afrikaanse amateurgholf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button