VEREENIGING – Alexander Esplin het op Jeugdag ’n besondere prestasie behaal toe hy ’n kolhou op die 16de putjie by Maccauvlei Golfklub behaal het.
’n Kolhou, oftewel ’n “hole-in-one”, bly een van die mees uitsonderlike prestasies in gholf en is ’n oomblik wat min spelers ooit beleef.
Vir Alexander was die dag ekstra spesiaal, aangesien hy nie net Jeugdag gevier het nie, maar ook ’n onvergeetlike mylpaal op die gholfbaan bereik het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
