SportSport

Ruben Kruger se wedloop om sy droom te verwesenlik

Van hard werk kan niemand hierdie jongeling iets leer nie.

VANDERBIJLPARK – Ruben Kruger, ’n talentvolle jong naelloper van die Hoërskool Transvalia, het nog nooit daarvan weggeskram om sy grense te verskuif en homself tot die uiterste te beproef nie.

Ruben Kruger in aksie.

Elke oggend voor skool en elke middag ná klas sal hy op die atletiekbaan gevind word waar hy met toewyding en dissipline oefen. Sy harde werk begin reeds vrugte afwerp.

Met persoonlike beste tye van 10,68 sekondes in die 100 m en 21,53 sekondes in die 200 m, het Ruben homself gevestig as een van SuidAfrika se belowendste jong atlete.

Vir Ruben gaan hardloop oor meer as net die wen van wedlope. Sy droom is om Suid-Afrika op die internasionale verhoog te verteenwoordig en ander te inspireer om in hulself te glo.

Hy het onlangs die geleentheid gekry om eersdaags in Italië en Duitsland te gaan deelneem. Om op daardie vlak deel te neem, verg meer as net talent en toewyding.

Reiskoste na kompetisies, professionele afrigting, oefentoerusting en atletiekbenodigdhede bring groot uitgawes mee.

Terwyl Ruben alles gee wat hy het op die baan, het hy ondersteuning van borge nodig om die volgende tree in sy atletiek-reis te gee.

Vir sy ouers is elke borgskap meer as net ’n finansiële bydrae. Dit is ’n belegging in ’n jong atleet wat weier om sy droom op te gee.

Volgens sy pa, Carel, speel elke stukkie ondersteuning ’n belangrike rol om Ruben nader aan sy doelwitte te bring en hom die geleentheid te gee om teen die beste atlete mee te ding. Ruben se verhaal word steeds geskryf.

Elke wedloop is ’n nuwe hoofstuk; elke eindstreep is nog ’n tree nader aan sy doel.

Met die ondersteuning van mense wat in sy potensiaal glo, kan hierdie jong atleet sy droom verwesenlik, sy land met trots verteenwoordig en bewys dat harde werk, deursettingsvermoë en geloof in jouself buitengewone dinge moontlik maak.

Enige persoon of onderneming wat Ruben se reis wil ondersteun, kan ’n bydrae maak in die volgende rekening:

Bank: Capitec Bank Rekeninghouer: MR R KRUGER Rekeningnommer: 2124071129 Rekeningtipe: Spaarrekening Takkode: 470010 Verwysing: Ruben toer.

Vir verdere navrae of om borgskapgeleenthede te bespreek, kontak gerus vir Liana op 083 216 1573.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button