VEREENIGING – Die Hoërskool Overvaal se skyfskietster, Lienke Fowlds, het uitstekende prestasies gelewer tydens die Streekskietbyeenkoms wat op 25 Julie by die Suikerbosrand-tak aangebied is.

Lienke het haar talent onderstreep deur ‘n silwermedalje in die o16-lugdrukgeweer-afdeling te verower en daarna die goue medalje in die 25 m-presisie-item op te raap.
Haar uitslae is ‘n bewys van haar harde werk, toewyding en konsentrasie in ‘n sport waar akkuraatheid en selfdissipline die verskil maak.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
